Friday, June 02, 2006

Konings Kinders

Hettie Orrfer

Die Koningskinders se getalle was nie soo wat ons verwag het nie, maar die planne van die Here werk gewoonlik nie in grootes nie. Daar het so tussen 15 en twintig kinders opgedaag en hulle wou nie een aand huis toe gaan nie. Hulle het die aanbiedinge terdeë geniet.
Die volwassenes was net 7 mense, maar die reaksie op die material was fenominaal en omdat die groep so klein was het ons elkeen bereik en kon ons persoonlik elkeen se probleme hanteer.

Die hele idée van die kursus was om die omgeegroepe wat Danie hulle graag wil begin ‘n wegspringplek te gee. Die volwassenes het almal aangedui dat hulle graag elke Donderdagaand sal wil aangaan met omgeegroepe. Selfs gedurende die kursus het hulle al vir mekaar begin omgee.

Daar was elke aand kos vir die wat die kursus bygewoon het en veral by die kinders het dit groot byval gevind.

Mag die saad wat ons daar geplant het groei met die bystand van die Heilge Gees.

No comments: