Monday, June 26, 2006

Die Rooi Neus Dag

Lizette Venter

Wel 121 het welliswaar ‘n paar sulke letterlike “rooi neus” sessies gehad. Met Prof Bill Waters wat ons besoek het was ons so ietwat verplig om ons rooi neuse op te sit, en ‘n paar komiese oomblikke met mekaar te beleef. Dankie ook dan aan Zane Smit wat gesorg het vir ‘n paar terug blikke aan “Shrek” en sy pelle. “Zane, met rooi neuse bedoel ons dat die rooi ding op jou neus moet kom en nie op jou ore nie”! Dankie vir almal wat dit ‘n sukses gemaak het. Veral aan Cori wat met toewyding gesorg het dat ons gas by al sy verpligtinge kon uitkom.

Met eerlikheid moes ek erken dat die meeste van ons te min lag. Dink net, met 20 sekondes se uit die maag lag, het ek eintlik 3 minute se harde roei agter die blad. Dit sal beslis so bietjie van “Virgin Active” se besigheid afneem as ons net instaat was om meer te lag. Iets anders wat sinvol was, was die feit dat ons eintlik verantwoordelik bedoel eder as erenstig. Hier het die Professor wel sin gemaak. Ek se gereeld vir my kinders dat hulle hul studies erenstig moet opneem, terwyl ek eintlik bedoel hulle moet verantwoordelik optree. Die term erenstig en verantwoordelik moet beslis korrek gebruik word om seker te maak dat ons ruimte laat vir pret en humor in elke situasie.

Daar is egter ‘n paar plekke waar ek en die professor nie om dieselfde kampvuur gesit het nie. Ons kan baie goed van humor glo, maar dat humor verantwoordelik is dat ons nog hier sit, is total buite my verwysings raamwerk. Met ‘n humoristiese aanslag kan ons wel baie dinge bereik, maar Humor is beslis nie die “een ding” wat ‘n verskil gaan maak nie. Ek glo met heel my hart dat die Here dalk humor kon gebruik het om die kern oorlog af te weer, maar al was daar nie ‘n “Someone tell joke” nie, sou dinge nogsteeds nie anders uitgedraai het nie. God is in beheer, met of sonder humor.

Met God in beheer kan ons wel meer risiko neem en meer humor in ons lewens inbring. Ons is die enigste mense wat hoop het vir die toekoms, hoekom is dit dan dat Christenskap vereenselwig moet word met lang gesigte en “Sad and solumn occasions”. Ons mag vreugde beleef in elke faset van ons lewens, en soos Fil 4: 4 ons altyd verbly in die Here. Nooit ten koste van ander nie, maar tot verheerliking van ons Vader wat ons styf in Sy hand hou.

No comments: