Friday, May 26, 2006

Detensie by Pretoria Noord

Ds Ian Stuart

Detensie is nie meer wat dit in my dae was nie. In my dae, glo dit of nie, was detensie meer opsioneel. Jy kon basies besluit of jy in detesie wou gaan sit en opskrifte skryf of jy kon pak kies en aangaan met jou lewe. Detensie was met ander woorde vir “sussies” en meisies wat of bang was vir slae of wie jy nie mag geslaan het nie.

Deesdae het dinge baie verander. Dit lyk my die kinders hou van die detensie ding. Dit is ’n tyd waarin hulle net kan sit en tyd mors (wat jongmense die meeste van hou om te doen).

Ons het die afgelope paar weke die voorreg gehad om met die Pretoria Noord Hoër detensie groepe te werk. Dit kommer my dat die selfde kinders twee en drie weke agter mekaar, in detensie klas raakloop.

Natuurlik, verdien hulle nie om daar te sit nie, en is dit altyd die skool se dom sisteem of die eenvoudige onnies wat net iets teen hulle het. Die feit bly staan: Kinders sit in detensie en dit is ’n geleentheid wat ons sien om hulle te bereik en te bemagtig tot vernuwing.

Hettie hanteer met die detensie groep ’n wonderlike leerplan. Ons doel met die detensie is om dit te verander van ’n “tyd mors” na ’n “produktiewe geleentheid”. Van ’n “ding” wat net gedoen moet word na ’n “leer” ondervinding. Van ’n “straf aangeleentheid” na ’n “persoonlike ontdekking ervaaring” vir die kinders en hulle skool.

Hettie het regtig probeer, en tot ’n groot mate hierdie doelstellings bereik deur om te begin hierdie kwaar-taal met konsepte soos verantwoordelikheids-sin en persoonlikke doelstelling. Somige van die kinders lyk asof hulle nog nooit aan hierdie lewens belangrikke konsepte gedink het nie en dit maak my baie opgewonde dat ons die geleentheid kry om hulle hiermee te bereik .

Ons sal dit waardeer as mense saam met ons sal bid dat ons die doel van die oefening sal bereik en dat ons werklik ook deur midde van die detensie Romeine 12:1-2 sal kan toepas in die skool.

No comments: